|
|
WELKOM
BY DIE RAND- FOREX BLADSY
|
| Tuisblad |
SAKE SE OPNAME ONDER EKONOME –JANUARIE 2004 Sake, wat in Die Burger, Beeld en Volksblad verskyn het op 18 Februarie 2004 die opname wat aan die einde van Januarie onder 30 ekonome gedoen is gepubliseer. Die onderstaande tabel gee inligting soos op 28 Januarie 2004 en is dan die inligting wat ekonome tot hul beskikking gehad het toe hulle, hul sienings geneem het.
Die veranderlikes wat in rooi getoon word is die veranderlikes wat in daardie week uitgekom het. Dit is met hierdie gegewens in die tabel as agtergrond dat die sienings oor sleutelveranderlikes geneem is. Die onderstaande tabel toon die konsensus sowel as die maksimum, minimum en standaardafwyking van elkeen van die 12 veranderlikes waarvoor daar skattings gedoen word.
PVB verwys na Private verbruiksbestedingsgroei en BBP verwys na die groei in die Bruto Binnelandse Produk. Die lopende rekening verwys na die lopende rekening van die betalingsbalans en word uitgedruk in miljard rand. Vir die wisselkoerse, rentekoerse en goudprys is die waardes wat geskat word die gemiddelde waardes vir die vierde kwartaal. Vervolgens kan daar nou in meer detail gekyk word na die skattings oor die wisselkoerse. Die histogram hieronder toon die verdeling van die rand per dollar sienings van die vooruitskatters.
Die mediaan van die skattings is 7.61 en die oorgrote meerderheid van die skattings lę tussen 7.00 en 8.00. Die histogram hieronder toon die verdeling van die rand per euro sienings van die vooruitskatters.
Die mediaan van die verdeling is 9.54 en meeste van die vooruitskattings lę tussen 9.00 en 10.00. Omdat die vooruitskatters beide 'n rand per dollar asook 'n rand per euro siening gee kan die dollar per euro siening van die vooruitskatters gegee word. Die onderstaande histogram gee die verdeling van die dollar per euro siening.
Die mediaan van die verdeling is 1.28 en meeste van die waardes lę tussen 1.20 en 1.35. Die onderstaande grafiek toon die verwantskap tussen die rand per dollar siening van die vooruitskatters en die dollar per euro siening van die vooruitskatters. Die verwantskap toon dat die rand per dollar koers verstewig wanneer die dollar self swak is.
Ook van belang is om te kyk na die verwantskap tussen die dollar per euro en die goudprys in $. Die onderstaande grafiek toon hierdie verwantskap.
Soos wat verwag kan word is daar 'n omgekeerde verwantskap tussen die goudprys in dollar en die dollar self. 'n Swakker dollar lei tot 'n hoër goudprys in dollar. Die laaste twee grafieke toon dat wat die interaksie tussen die wisselkoers en die goudprys en die rand per dollar en die dollar per euro betref dat die vooruitskatters sienings neem wat in ooreenstemming is met wat verwag kan word. Opgedateer 4 Maart 2004 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Omtrent | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Weeklikse Kommentaar | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Konsensus Vooruitskattings | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Koopkragpariteit | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Studies | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Rekenaar | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|