|
|
WELKOM
BY DIE RAND- FOREX BLADSY
|
| Tuisblad |
Keer terug na Konsensus Vooruitskattings KONSENSUS-SIENING VAN DIE RAND SE VERLOOP IN 2003 Die konsensus-siening van die rand se verloop vir 2003 is geneem van Sake se opname onder 30 ekonome. Die opname word maandeliks gedoen en daar word sienings gevra vir 11 ekonomiese veranderlikes. Een van die veranderlikes is die vierde kwartaal gemiddelde waarde van die rand per VSA dollar. In die tabel word die sienings gegee van Januarie tot Oktober vanjaar vir die rand per dollar, ekonomiese groei asook VPIX inflasie.
Die laaste kolom wat verwys na die werklike R/$ koers is die wisselkoers soos op die 20ste van die maand en is die vlak van die wisselkoers toe die siening in daardie maand geneem is. Die siening is die vierde kwartaal gemiddelde waarde van die R/$. In Januarie was daar nog ‘n verwagting dat die rand sou verswak omdat die geskatte waarde van die rand swakker was as die werklike waarde op daardie stadium. Dit was deurgaans die geval gewees in elkeen van die maande. Die konsensus-siening was dus deurgaans te pessimisties. Trouens ‘n naïewe vooruitskatting wat net die huidige waarde van die rand soos op die 20ste van die maand geneem het as die skatting vir die gemiddelde waarde van die rand in die vierde kwartaal sou aansienlik beter gedoen het as die konsensus. Ook interessant is die afwaartse aanpassing in die skatting van ekonomiese groei en inflasie sedert Januarie. Omdat die Suid-Afrikaanse ekonomie ‘n oop ekonomie is, het die sterker as verwagte vertoning van die rand gelei tot beter inflasiesyfers maar verwagte swakker ekonomiese groei. Wat 2003 betref kan daar gesê word dat die konsensus-siening op meeste van die ekonomiese veranderlikes grootliks verkeerd was omdat die rand aansienlik beter vertoon het as wat die verwagting was. Die laaste ry in in die tabel kyk na wat moontlik die gerealiseerde waardes vir 2003 kan wees. Die rand se vertoning vanjaar het sake redelik deurmekaar gekrap. Laaste opgedateer 17 Desember 2003 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Omtrent | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Weeklikse Kommentaar | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Konsensus Vooruitskattings | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Koopkragpariteit | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Studies | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Rekenaar | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|