WELKOM BY DIE RAND- FOREX BLADSY

 Click here for English

 

 
Tuisblad

OPDATERING VAN BIG MAC PARITEITSKOERSE 

In The Economist van 16 Januarie 2004 is die Big Mac pariteitskoerse opgedateer. 

Die grafiek hieronder wat verwerk is uit die Inligting wat in The Economist gegee is toon die posisie met betrekking tot die rand. Die werklike wisselkoerse op 14 Januarie 2004 word gebruik.

Die rand is in die algemeen oorwaardeer (word gewys in rooi op die grafiek) tenoor lande in Latyns Amerika en Suid-oos Asië en onderwaarder (word gewys as blou op die grafiek) teenoor die ryk nywerheidslande. Die rand se waardasie teenoor die groot geldeenhede word in groen getoon. 

Baie van die lande waar die rand oorwaardeer is, is ook lande wat hul geldeenhede teen die dollar vasgehou. Die rand is bykans 60% oorwaardeer teenoor die Chinese yuan, tewyl dit amper 62% onderwaardeer is teenoor die Switserse frank. 

Die tabel toon die werklike wisselkoerse asook die koopkragpariteitswisselkoerse vir die rand en die vier groot geldeenhede.

Die tabel is in twee gedeeltes opgedeel. In die onderste piramied wat in rooi getoon word is die koopkragpariteitswisselkoerse. Wisselkoerse word uitgedruk as hoeveelheid van eie geld nodig om ‘n vreemde geldeenheid te koop. Die boonste gedeelte wat in swart getoon word toon die werklike koerse soos op 14 Januarie. Vir die jen word die koerse in die geval van Suid-Afrika getoon as die hoeveelheid rand per 100 jen. 

Die rand is onderwaardeer teenoor elkeen van die vier geldeenhede. Die jen is egter onderwaardeer teenoor die dollar, euro en Britse pond. Die werklike waarde van die pond teenoor die euro is baie naby aan sy koopkragpariteitswaarde. 

Die rand is nou 29% onderwaardeer teenoor die dollar. Die vorige keer wat die rand so onderwaardeer was, was in 1997 toe dit 27% onderwaardeer was. 

In 2002 het 14% van Suid-Afrika se invoere en 9% van uitvoere na lande gegaan waar die rand volgens die Big Mac standaard oorwaardeer is. As daar verder in ag geneem word dat Suid-Afrika ook met van hierdie lande (China, Brasilië) in derde markte meeding is die impak op Suid-Afrika se handel van die oorwaardeerde rand groter as wat sy handel met daardie lande aandui. 

Laaste opgedateer 16 Januarie 2004

Keer terug na Koopkragpariteit bladsy

Omtrent
Weeklikse Kommentaar
Konsensus Vooruitskattings
Koopkragpariteit
Studies
Rekenaar
Aanvra van Kommentaar
Interessante Skakels
Kontakbesonderhede